Afrisame

Afrisame Report 2018

2018 het Afrisame weer ’n aktiewe  jaar onder voorsitterskap van Kirsti Louw beleef. Elke funksie is goed ondersteun en die  komitee het ‘n groot rol gespeel om een groot aktiwiteit per kwartaal te reël.

Hoogtepunte sluit in die Kuieraand, Noot vir Noot teen Framesby en die besoek aan die bewaarskool in die Walmerlokasie om tradisionele speletjies met die kinders te speel. Hulle was ook aktief by die versiering van die skool vir Afrikaansweek betrokke.